Jakobus

Jou tong kan jou baas raak!

Jakobus 3:1-12

“Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan. Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge—kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand. Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.”

Tema: Jou tong kan jou baas raak!
Teks: Jakobus 3:1-12
Wees versigtig as jy praat, maar spreek die waarheid! V.1-2a

I. Die waarskuwing word gestel. V.1a
“Moenie baie leermeesters wees nie my broeders.”
Dis ʼn baie klemdraende waarskuwing, letterlik in die Grieks het dit die gedagte van om nie in te druk (soos
wanneer ʼn skare mekaar verdruk) nie.
A. Die oorsprong van leermeesters sien ons in Efesiërs 4:11-13
B. V.11 maak dit baie duidelik dat God die een is wat mense aanstel in ʼn spesifieke posisie. Hy is ook die
een wat hierdie posisie permanent kan beëindig (Apostel en Profeet).
C. Die posisie wat ons na wil kyk is die van herders en leraars.
D. Dis een amp. Elke Herder is ʼn leraar en elke leraar is ʼn herder.
E. Wat is hierdie herders en leraars se werk?
• V.12 “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk.
• Sien julle dat elke gelowige dienswerk moet doen?
• Die herders en leraars rus hulle net toe vir die dienswerk.
F. Daar was ʼn ongesonde soeke na leermeester status in hierdie tyd. Matt 23:8
• Onthou hierdie waarskuwing kom in die konteks van die beheersing van die tong, want hulle wat
met die tong gaan spreek en sê so sê die Here moet baie seker en versigtig wees om hulle tonge in
toom te hou.
II. Die rede word gegee. V.1b
“omdat julle weet dat ons ʼn groter oordeel sal ondergaan”
Let op dat Jakobus homself onder die selfde waarskuwing sien, hy verhef nie homself nie.
A. Groter verantwoordelikheid bring groter rekenskap.
• Jesus sê dit in ʼn gelykenis. Luk 12:48
B. Kyk na Matt 18:1-6.
• Jesus praat met hulle wat in sy naam gaan spreek (sy volgelinge) en Hy waarsku hulle om nie
kleintjies te laat struikel nie. Dis woorde van waarskuwing.
Gevolgtrekkings:
A. Die kerk het ʼn duidelike en lewegewende opdrag om al die gebooie van God te leer en te gehoorsaam.
Matt 28:19; 1 Tim 4:11-13, 2 Tim 2:1-2; 4:1-2
B. Dis God se wil dat alle mense so akkuraat as moontlik (na die beste van hulle vermoë) die waarheid
moet verklaar. “All are not teachers, but all should be tellers” Num 11:26-30
C. Dis ʼn misverstand om te glo dat elke mense op ʼn punt in sy lewe ʼn leermeester moet word. 1 Kor
12:12-20. God bepaal wat elkeen se rol en plek is in V.18.
D. Om God se woord te verklaar is ʼn groot verantwoordelikheid. Esegiël 3:17-19; dit word herhaal in hfs.
33
E. Leermeesters sal wel rekenskap moet gee vir wat hulle geleer het. Heb 13:17
Toepassing:
1. Dank God vir die leermeesters wat Hy aangestel het.
2. Volg die onderrigting van getroue leermeesters.
3. Bid dat daardie getroue leermeesters ʼn begeerte sal hê om leermeesters te wees soos God hulle geroep het
om te wees (2 Timothy 2:15).
III. N Waarheid word gestel. V.2a
A. Die mense – “Want ons almal”.
B. Die toestand – “struikel”.
C. Die omvang – “dikwels”.
Wat is die skriftuurlike basis vir die realiteit dat alle mense dikwels struikel?
1 Kon 8:46-50; Job 14:1-4; Spreuk 20:9; Pred. 7:20; Rom. 7:13ff
Wat moet dit in ons voortbring?
5 dinge:
• N Diep nederigheid.
• N Geestelike ywer.
• N Vurige gebedslewe.
• Meer geduld en verdraagsaamheid teenoor ander.
• N Dieper verlange na die hemel.
Om die tong te tem. V.2b-12
I. Die belangrikheid van die tong.
“ʼn Volmaakte man” V.2
Drie interpretasies:
A. Volwassenheid- Sonde oorwinnende man V.8
B. Hipoteties.
C. Letterlik- Verwysend na Christus as die volmaakte man. Onthou Jakobus het saam met Jesus gelewe.
II. Die krag van die tong.
A. Stang en Perd. V.3 Mag/krag- Beheer. Psalms 20:7
B. Roer en Skip. V.4 Dispiporsie/Wanverhouding.
C. Vuur en Bos. V.5 Verwoesting.
III. Die perversiteit van die tong.
A. Onblusbare vuur. V.6
1. Verderwend – Ongeregtigheid.
2. Besoedelend – Besmet.
3. Verwoestend – Steek die hele lewensloop aan die brand.
4. Duiwelagtig – Hel uit aangesteek. Gehenna – Vullishoop, wurm gevulde verottingsplek.
B. Ongetemde dier. V.7-8
C. Rustelose Bose. Ingehokte dier wat probeer uitkom.
D. Dodelike gif.
IV. Die paradox (teenstrydigheid) van die tong. V.9-12
Identiteit en aktiwiteit stem ooreen. Vyeboom dra vye, ʼn fontein gee vars of brak water maar nie beide nie.
Toepassing:
5 beginsels om vas te hou:
A. God haat sondige spraak. Spreuke 6:16-19. Hier is 3 dinge spesifiek:
1. Leuenagtige tong,
2. valse getuie,
3. tweedrag saai. Spreuke 8:13.
B. Die mag van lewe en dood is in die tong. Spreuke 18:20-21.
C. Die weg waarop God ons seën omsluit ons Christelike spraak. Psalms 34:12-14.
D. Goddelose spraak bedroef die Heilige Gees. Efesiërs 4:25-31.
E. Ons tong sal ons of regverdig of veroordeel op die laaste dag. Matt. 12:34-37.
Die verskeie sondige aspekte wat ʼn gelowige moet vermei in spraak.
I. Die aspek van Godslasterlike spraak.
A. Definisie.
• Om sorgeloos, oneerbiedig en valslik van God se karakter te praat- Van sy voorskrifte, persoon
en voorsienigheid.
B. Lastering van God se persoon.
1. Oneervolle/ydellik gebruik van sy naam. Exodus 3:13-15, Exodus 20:7, Deut. 28:58-59, Psalm
8:8, Matt 6:9.
2. Oneervolle houdings teenoor sy natuur, al sy deugde/volkomenhede/kenmerke. Psalm 73:1-
11, 139:17-24, Jesaja 29:15.
3. Skynheilige belydenisse. Jesaja 1:10-20, 29:13-14.
C. Lastering van God se voorskrifte/Woord. Jesaja 66:2, Psalm 50:16-17, 1 Tim 1:3-8, 18-20, 6:2-5, 20-
21, 2 Tim 4:1-5, 2 Petrus 3:1-4.
D. Lastering van God se voorsienigheid. Num 14:1-12, 26-30.
II. Die aspek van Misleidende, valse spraak. Jesaja 59:14.
A. Vier vorms van valse spraak.
1. Valse getuienis. Exodus 20:16, Spreuke 6:16-19.
2. Leuens. Lev. 19:11, Kol 3:8-10.
3. Oordrywing. Matt 7:1-5. *Visserman.
4. Misleiding. Jer. 5:27, 8:4-5, 9:1-8
B. Elimineer valse spraak.
1. Gereelde herinnering van onsself aan die Boosheid van hierdie sonde.
2. Versigtige kweking van ʼn diep Vrees vir God.
3. Bewustheid van Trots.
4. N gereelde verwerping van begeerlikheid, wat valse spraak gebruik tot eie voordeel.
5. Vertrou met sekerheid op God alleen, nie op jou spraak om jou uit moeilikheid te kry nie.
6. Gereelde herinnering van jouself aan die Skrif.
III. Die aspek van Kwaadwillige spraak- Skinder, Stories-aandra, en fluister.
A. Definisie.
1. Skinder is die sonde van verspreiding van stories oor ander mense.
2. Fluister is die wyse in hoe dit gedoen word.
3. Stories-aandra is die manier van verspreiding van persoon na persoon
B. Onderskeidingstekens.
1. Voorneme/doel. Psalm 31:14, Spreuke 16:28, 18:8, 26:20-22, Jer 20:7-18.
2. Inhoud. Romeine 1:26-32; 2 Kor 12:19-21
3. Goddelike openbaring.
C. Oorsprong/Motivering.
1. Sondige nuuskierigheid.
2. Skandelike Selfgesentreerdheid. *Om Kwaad te praat van ander is om jouself te prys.
3. Ledigheid in die lewe. *Ledigheid is die duiwel se werkswinkel. 1 Tim 5:9-15.
4. Bitterheid teenoor iemand anders.
5. Weerhouding van vergifnis.
• Padskraper bekend as die model G. G stands for Gossip, because it moves a lot of dirt, and
moves it very fast.
D. Riglyn.
1. As jy dit nie in hulle gesig kan sê nie, moet dit dan nie sê nie.
IV. Die aspek van Leë, waardelose en verskillende vorms van sondige spraak.
A. Definisie.
1. Waardelose spraak is spraak wat nutteloos, sinneloos, en betekenisloos is vir enige ware
opbouing, dit word gekenmerk deur ʼn kwantiteit van woorde maar met geen kwaliteit inhoud.
B. Voorbeelde.
1. Onbedagsame geraas. Spreuke 10:19, 13:3, 15:28, 29:20.
a. Vrou wat vir John Wesley gesê het dat haar talent wat God haar gegee het was om hardop
te dink. Wesley se antwoord was dat God verseker nie kwaad sou wees as sy daardie talent
begrawe nie.
b. Daar is niks verkeerd daarmee om niks te hê om te sê nie, tensy jy aandring om dit uit te
spreek.
2. Babbel. Spreuke 10:8-10, Prediker 10:11-15, 1 Tim 6:20-21, 2 Tim 2:14-17, 3 John 9-10.
C. Die gevare van leë waardelose spraak.
1. Dit produseer baie sonde.
2. Dit werk opbouende spraak tee, want dit neem maklik goeie gesprekke oor Efes 4:29.
3. Dit promoveer ander tipes sonde.
4. Dit vloei uit ʼn trotse hart. Rom. 12:10.
*(Humoristies) Daar is niks meer versteurend as wanneer mense dadelik aangaan met praat
wanneer jy hulle onderbreek nie.
D. Hoe om leë waardelose spraak te vermei.
1. Vermei ydellik lewenspatrone.
a. Kinders en ouers wat heeltyd op die foon sit en gesels met hulle vriende. Wat maak jy?
Wat eet jy? Hoe voel jy? Wat kyk jy? Ens. ens. ens…
b. Ydellik lewenspatrone van buite lei na ʼn ydelheid van binne.
2. Vermei mense wat ydellik praat, en nuttelose gesprekke en patrone handhaaf. 1 Thess. 4:11.
3. Wandel in die Gees en wees vol van die Gees.
4. Kweek ʼn vars bewus sein van die teenwoordigheid van God. Matt 12:36.
V. Die aspek van Spoggerige, trotse, grootpraterige spraak.
A. Veroordeling van spoggerige spraak. Psalm 12:1-5, Spreuke 20:6, 27:1-2, Lukas 18:9-14, Rom. 1:28-
31.
1. Boksers wat grootpraat en nie op die vliegtuig sy veiligheids gordel wou aansit nie, want
superman het nie ʼn veiligheidsgordel volgens hom nodig nie, toe antwoord die lugwaardin hom
vinnig, maar superman het ook nie ʼn vliegtuig nodig nie.
2. Iemand wat vis vir komplemente deur sleg van homself te praat.
B. Hoe om afstand te doen van spoggerige spraak.
1. N regte verstaan van wie ons is en waar ons plek is. 1 Kor. 1:26-31, Jes. 64:6.
2. N regte verstaan van God se plek. Psalm 115:1.
Toepassings om ons te help om ʼn stang te ontwerp om ons tonge te tem:
A. Onthou die herkoms/oorsprong van hierdie sonde.
• Die hart van die probleem is die hart. Markus 7:14-23.
B. Herroep die verskillende vermanings oor die tong. Psalm 101:1-5, Spreuke 13:3, Matt 12:34-37.
C. Bid tot God om hulp en vergifnis. Romeine 8:12-13, 1 Pet 2:1.
D. Stel wagte vir ons tonge. Psalm 141:1-3, Psalm 39:1-2.
1. Is dit waar? Efes 4:15.
2. Is dit liefdevol? Efes 4:15.
3. Is dit sinvol en voordelig? Efes 4:29.
4. Is dit nodig? Hand 20:20

About The Author

Ander Boodskappe...