Johannes

Wees lief vir mekaar

Johannes 13:31-38

“En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik. As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik. My kinders, nog ‘n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie—so sê Ek nou ook vir julle. ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg. Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee. Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.”

Preek notas

Teks: Johannes 13:31-38
Tema: Wees lief vir mekaar
Inleiding:
Ek wil jou graag uitnooi om God se Woord te neem en te blaai na Johannes 13.
• Hierdie het alles te doen met God se Plan vir Verhoudings.
• Ware verhoudings of vriendskappe is gebaseer op lojaliteit, betroubaarheid, waarheid,
vergifnis en opoffering.
• Om hierdie soort verhoudingste hê, is tyd en moeite van ons kant af nodig.
• As ek iemand goed wil ken, liefde aan hulle wil bewys, hulle wil vertrou, dan moet ek die
verbintenis maak om die ekstra myl te stap.
• Ek moet bereid wees om verder te gaan en ‘n belegging te maak in daardie persoon.
• Ek moet bereid wees om hulle goed te leer ken en hulle te vertrou.
• Ons kan dit opsom in ander woorde: ek moet hulle liefhê.
Terwyl ons na die teks kyk wil ek hê ons moet let op die “mekaar” fraes wat gevind word in die
Nuwe Testament.
• Ek glo dit sal ons verstaan van hoe verhouding behoort te funksioneer in die liggaam van
Christus verdiep.
• Die eerste een wat hier van gepraat word is in Johannes 13:34-35 (Lees)
• Let op, Jesus sê 3 keer “ons moet lief wees vir mekaar.”
• Hy gee dit as ‘n nuwe gebod en sê dat dit is hoe “alle mense sal weet dat julle My
dissipels is” (v.35).
• Let ook op: Jesussê hierdie liefde is nie vir nie jouself nie, maar vir “mekaar”.
• Hy beskryf dit selfs as ‘n wederkerige liefde.
• Met ander woorde, as hulle almal hierdie opdrag van Jesus sou gehoorsaam het dan sou
almal van hulle ervaar wat Hy sê. Niemand sou uitgelaat word.
• Dis nog altyd so, as almal van ons sou doen wat Jesus sê, dan sou ons almal se behoeftes
nagekom word.
Dink vir ‘n minuut daaroor.
• Almal van ons begeer om liefgehê te word.
• As almal van ons mekaar liefhet, dan sou daardie begeerte ontmoet word.
• Dieselfde geld vir al die “mekaar” frasesin die Nuwe Testament.
• As ons almal mekaar dien, sal ons almal gedien word.
• Dit is wederkerig.
• Ek is oortuig dat die doel van die “mekaar” frasesis om ons te leer hoe ons in die
liggaam van Christus met mekaar in verhouding moet staan.
Paulus het in Romeine 12:4-5 gesê – “Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede
nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen
afsonderlik lede van mekaar.”
• Hier verwys Paulus, wanneer hy oor ons funksie praat, na ons geestelike gawes maar
aan die einde van V.5 sê hy ons is “afsonderlike lede van mekaar.”
Hy sê weer aan die einde van Efesiërs 4:25 – “…want ons is mekaar se lede.”
• Jy is nie jou eie nie.
1 Kor.6:19-20 sê: “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in
julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur
gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”
• Julle is “God s’n”, en julle is “lede van mekaar”.
• Dit beteken dat ons’n familieverhouding met mekaar het wat verder as net die
oppervlakkige gaan.
• Jy kan nie na Christus toe kom en wegkruip en nooit enige verhouding he met gelowiges
nie.
• Elke “mekaar” frase veroorsaak dat ons op ‘n baie persoonlike manier met mekaar
omgaan, en dit leer ons dat ons persoonlike aanspreeklikheid het teenoor mekaar.
• Jy kan nie een van hierdie “mekaar” frasese uitvoer sonder verhoudings en
aanspreeklikheid nie.
So die fondasie (eerste) “mekaar” frase is: wees lief vir mekaar.
• Johannes 13:34 praat duidelik van “liefde vir mekaar”.
• Dit gee die opdrag om lief te hê en dit praat van die demonstrasie van daardie liefde.
• Daar is geen manier om onsself daarvan te verskoon om mekaar lief te hê nie.
Die woord liefde word 360 keer in die Bybel gebruik, 146 keer in die OT en 214 keer in die NT.
• In die Evangelie van Johannes alleen “word die woord liefde slegs 12 gebruik keer in
Johannes 1–12, maar in Johannes 13–21 word dit 44 keer gebruik!
• Ons word 10 keer in die NT spesifiek beveel om mekaar lief te he.
Nou, let op V.34, hier gee Jesus n opdrag:

Indeling:

I. Die opdrag is om lief te hê (V.34)
“‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê…”
A. Let op, dit is nuut (V.34a)
1. Die opdrag om lief te hê is nie nuut in die sin dat dit is die eerste keer is dat dit
beveel word nie.
a. Die Wet van Moses het gesê: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die
kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is
die HERE. ” (Lev.19:18).
b. Jesus het selfs hierdie opdrag in Mattheus 22:37-39 herhaal. En Jesus antwoord
hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en
met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat
hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
c. Die dissipels was ook beveel “Jy moet jou vyande liefhê” in Mattheus 5:44
d. Maar nou beveel Hy hulle om ‘n wedersydse liefde vir mekaar te he.
2. Die opdrag om lief te hê was nuut omdat dit die eerste keer is dat Hy dit direk aan
hulle gegee het en omdat dit ‘n vars betekenis gehad het.
a. Die woord “nuut” (kainos) beteken nie nuut in tyd nie, want liefde was belangrik
vir God se volk selfs in Ou Testament (sien Lev. 19:18). Dit beteken nuut in
ervaring, vars. Dit is die teenoorgestelde van “uitgeput”.
b. Jesus se nuwe opdrag om “mekaar lief te hê” het gekom met ‘n betekenis wat
“nuut in kwaliteit” was. Liefde het ‘n nuwe betekenis aangeneem vanweë die
dood van Christus aan die kruis (Joh 15:13). Met die koms van die Heilige Gees,
het liefde n nuwe krag in hulle lewens geword.
3. Die opdrag was ook nuut omdat Jesus nou definieer wat dit beteken om mekaar lief
te hê
a. Hy sê: “Soos Ek julle liefgehad het, so moet julle ook mekaar liefhe (V.34).
b. “Soos Ek julle liefgehad het” verwys direk terug na toe Hy hulle voete gewas het in
(V.1-12).
c. Hierdie liefdesdaad het nederigheid gedemonstreer, onbaatsugtigheid, en
deernis.
d. Dit het ook in hulle nood voorsien! (Hulle sou gele het om te eet, hulle het nie
gesit nie. En die een se voete sou by die ander se kop gewees het, wat die nood
vir wassing duidelik maak. Wie van julle wil by iemand se vuil voete le en eet? Dis
ongelooflik prakties. Liefde is prakties. Dis die maak van koffie en die was van die
bekers, die toemaak van vensters en die spoel van n toilet…Ens.
i. Jakobus 2:14-16 sê: “Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof
het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As
daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word
versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat
dit?”
ii. 1 Johannes 3:16-18 sê: “Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir
ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die
goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom
toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? My kinders, laat ons nie liefhê met
woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
V.16 – “ken” Gr.ginosko, verwys na ervaringskennis.
V.16 – “behoort” Gr.opheilo, praat van ‘n morele verpligting.
V.16 – “lewe” Gr.psuche, “siel”
• Een skrywer skryf: “Die ego moet gekruisig word. Die eie ek moet verloen
word tot die voordeel van ‘n mens se broer. Dit moet in gedagte gehou
word dat ons Here se dood versoeningswaarde het, terwyl ons aflê van ons
lewens in blye diens aan ons medemens nie hierdie waarde het nie”
(Kenneth Wuest, Woordstudies in die Griekse NT).
iii. Die aflê van ons lewens is uit verpligting.
V.17 – “goedere” Gr.bios, verwys na “die lewensbenodigdhede, soos kos, klere,
skuiling”.
V.17 – “Sien gebrek ly” Gr.theoreo, “om met belangstelling of doel te kyk”,
“doelbewuste oordink”.
• Die werkwoord hier praat van voortdurende aksie. Hierdie persoon oordink
doelbewus oor ‘n uitgerekte tydsduur. Dit is nie ‘n haastige blik nie. Dit is
om ‘n Christen te sien in nood oor ‘n lang tydperk”.
• V.17 – “en sy hart vir hom toesluit” Gr.kleio, Die woord kan gebruik word
van die toeslaan van ‘n deur, die klap van ‘n slot. Dit praat hier van hierdie
persoon wat die deur van sy hart toeklap vir enige medelydende gevoelens
teenoor sy behoeftige broer en teen enige barmhartige optrede”.
• Dus die nuwe gebod om mekaar lief te hê wat Jesus hulle gegee het, was ‘n
opdrag om lief te hê soos Hy liefgehad het deur nederig in mekaar se
behoeftes te voorsien.
B. So dis nuut, maar dit is ook ‘n opdrag (V.34b)
1. Dit word eers direk aan die dissipels gestel “‘n Nuwe opdrag gee Ek julle” Ons weet
die “julle” verwys na die dissipels want hulle word in V.5 geïdentifiseer wanneer
Johannes sê dat Jesus “die dissipels se voete begin was het”.
2. Dit word later weer in Johannes 15 herhaal.
a. V.12 – Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhe soos Ek julle liefgehad het.
b. V.17 – Dit gebied ek julle, dat julle mekaar moet liefhe.
3. Johannes herhaal hierdie opdrag in sy sendingsbriewe.
(Vier keer in sy eerste sendingsbrief, en een keer in sy tweede) LEES.
a. 1 Johannes 3:11
b. 1 Johannes 3:23
c. 1 Johannes 4:7
d. 1 Johannes 4:11-12
e. 2 Johannes 1:5
4. Petrus noem dit aan sy lesers in sy eerste brief. LEES.
a. 1 Petrus 1:22
b. 1 Petrus 4:8
5. Paulus noem dit ook in twee van sy briewe.
a. Romeine 13:8 Een kommentaar skryf: “Alle gelowiges het die voortdurende
verpligting om mekaar lief te he. Dit is ‘n skuld wat ons voortdurend teen
afbetaal, maar nooit volkome kan afbetaal nie. Die vroeë kerkvader, Origenes het
gesê: Die skuld van liefde bly permanent by ons en gaan nooit weg nie ons. Dit is
‘n skuld wat ons elke dag betaal en vir ewig verskuldig is.” En deur ons Here se
genadige voorsiening, is dit ‘n skuld wat ons altyd die hulpbronne voor sal he om
te betaal, hoe meer ons afbetaal, hoe meer gewillig en vreugdevol word die
betaling”.
6. Dit word mooi geïllustreer in Paulus se brief aan die Tessalonisense.
a. 1 Thess.3:12
b. 1 Thess.4:9
• Jesus beveel al sy volgelinge om mekaar net so lief te hê soos Hy ons liefgehad
het.
• Hoe het Hy ons liefgehad?
• Hy het ons ontmoet op die punt van ons behoefte/nood.
• Hy het die straf vir ons sondes betaal deur vir ons te sterf. Romeine 5:8
• Jesus sê in Johannes 15:13 – “Groter liefde het niemand as dit nie, as om jou
lewe vir jou vriende af te lê.”
• Dit is die definisie van liefde – om ”n mens se lewe af te lê. Die woord vir liefde
wat in Johannes 13:34-34 gebruik word, is die Griekse woord agape, wat
verwys na ‘n “onvoorwaardelike, opofferende daad.”
• Efesiërs 5:25 sê: “Mans, julle moet julle vrouens liefhe, net soos Christus die
kerk liefgehad en Homself daarvoor gegee het.”
• J.C. Ryle skryf: “Liefde is die groot geheim van die regte gedrag teenoor ons
medemens. Hulle wat hulle naaste liefhet sal versuim om hulle enige opsetlike
besering aan te doen, hetsy persoonlik, in eiendom of in karakter. Maar hulle
sal nie daar rus nie: hulle sal begeer om in elke opsig aan hulle goed te doen;
hulle sal probeer om hulle gemak en geluk in elke opsig te bevorder; hulle sal
poog om hulle smarte te verlig en hulle vreugdes te vermeerder”.
I. Die Demonstrasie van Liefde (V.35)
A. Dit openbaar aan ander jou verhouding met Jesus (V.35a)
“Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”
1. Dit sê jy is bereid om te identifiseer met Jesus en om Hom vir almal te wys deur
nabootsing. Kyk wat lees ons hieroor in Efesiers 5:1-2. N Purityn het hieroor gesê:
“Die wêreldling is lief vir homself, maar die Christen vir sy God”.
2. Dit sê jy is bereid om Jesus te gehoorsaam en lief te hê soos Hy jou liefgehad het.
a. Jesus het in Johannes 14:15 gesê: “As julle My liefhet, bewaar My gebooie.”
b. Paulus het in Romeine 12:9-21 die volgende geskryf.
B. Dit openbaar vir jouself jou verhouding met Jesus (V.35)
“…dat julle My dissipels is.”
1. Dit dien as ‘n bevestiging van jou verhouding met Jesus.
1 Johannes 2:3-5 sê: Lees. A.W. Tozer sê: “Die finale toets van liefde is
gehoorsaamheid. Nie soet/lekker emosies nie, nie bereidwilligheid om op te offer
nie, nie ywer nie, maar gehoorsaamheid aan die gebooie van Christus”.
2. Liefde vir gelowigesis ‘n bewys van ware verlossing.
a. 1 Johannes 2:9-11
b. 1 Johannes 3:14-15
c. 1 Johannes 4:20-21
Toepassing:
1. Wat is die ware toets vir ‘n gelowige met betrekking tot sy liefde vir God en sy naaste?
Teenoor God:
• Hy is gehoorsaam; Hy is lief vir wat God liefhet en haat wat God haat.
• Hy verlustig hom in God se Woord – Psalm 119:47-48
• Hy het God se Woord lief – Psalm 119:127
• Hy soek God se Woord – Psalm 119:45
• Hy waardeer God se Woord – Job 23:12
• Hy gehoorsaam God se Woord – Psalm 119:106
Teenoor gelowiges:
• Hy het sy broer lief deur sy lewe af te lê vir hom. Hy het opofferend en gehoorsaam lief.
Thomas Watson het gesê: “Dit is moontlik om ‘n gelowige lief te hê, maar om nie vir
hom lief te wees as n gelowige nie. Ons mag hom liefhê vir iets anders, vir sy vernuf, of
omdat hy vriendelik is (maklik om mee te praat) of rykdom besit. ‘n Dier het ‘n mens lief,
nie omdat hy ‘n mens is nie, maar omdat hy hom kos gee hom onderhou. Maar om ‘n
gelowige lief te hê as n gelowige, dit is ‘n teken van liefde vir God”
• Hy het vurig lief – 1 Pet.4:8
• Hy het onbaatsugtig/selfloos lief – Fil.2:3
• Hy het opofferend lief – 1 Joh 3:16
• 1 Korintiërs 14:1 sê: “Jaag die liefde na.” Streef jy na liefde vir gelowiges?
• Hebreërs 10:24 sê ons moet dit aanwakker.
Jesus sê vanoggend (LEES) Johannes 13:34-35.
As jy vanoggend sonder Jesus is, wil ek jou aanspoor om jou te bekeer van jou sonde en jou
lewe aan Jesus Christus oor te gee deur Hom in geloof te omhels, deur op Hom alleen te
vertrou vir jou redding, heiligmaking, volharing, groei en toekoms.
AMEN

About The Author

Ander Boodskappe...