Daniël

Waag dit om te bid soos Daniël

Daniël 9:1-27

“1 In die eerste jaar van Daríus, die seun van Ahasvéros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs, 2 in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. 3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. 4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, 5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. 6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie. 7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. 8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. 9 By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan 10 en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie. 11 Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig. 12 En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; 13 soos in die wet van Moses geskrywe is—al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie. 14 Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie. 15 Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met ‘n sterke hand uitgelei en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos. 16 o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk ‘n voorwerp van versmading vir almal rondom ons. 17 Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. 18 Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. 19 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. 20 Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God, 21 terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer. 22 En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. 23 By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig. 24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. 25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. 26 En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. 27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. “

Preek notas

Teks: Daniël 9 

Tema: Waag dit om te bid soos Daniël. 

Inleiding: 

  1. N Groot ontdekking. V.1-2 

Ons moet die agtergrond van Daniël verstaan om hierdie hoofstuk te verstaan.  

In 605 VC. word Daniël onder Nebukadnesar se heerskappy weggevoer uit Jerusalem na Babel. Die meerderheid van die nasie volg in kort tussen pouses, en nou in Hfs. 9 is dit al 68 jaar gelede wat dit gebeur het. Daniël was 14 gewees toe hy weggevoer was, en hy is nou al ʼn ou man van 82 jaar oud. 

In 537 VC. kan Daniël onder heerskappy van Darius die Meder, terugkyk oor 68 jaar van getroue diens aan God in die gesig van groot vervolging. In baie van hierdie jare het hy alleen opgestaan vir die eer van die Here, en nie een keer het hy gekompromitteer in hierdie hoedanigheid nie. 

Daniël het uitgestyg tot buitengewone hoe rang en posisie, en nou het Babilon geval en die Mede en Perse het oorgeneem. Die visioene van Daniël het tot vervulling gekom van Hfs. 6. 

Baie jare het nou al verbygegaan vandag die ballingskap begin het, maar Daniël as ou man se geloof is nog so vars soos altyd. Beproewings, swaarkry en vervolging het nie dit gebreek nie. Die rang bevordering het nie sy liefde vir God uitgeloog nie. En hier in Hfs. 9 sien ons dit, ons sien Daniël reg aan die begin van hierdie Hfs. besig om Bybel te lees.  

Nou onthou, Daniël was ʼn groot profeet en het baie visioene en openbarings van God ontvang, maar steeds het hy ʼn behoefte en nood gehad in sy siel om die Woord op te neem en dit te lees.  

Hier in Hfs. 9 is hy dan spesifiek besig om te lees uit Jeremia. Toe hy ʼn jong seun was sou hy Jeremia baie waarskynlik persoonlik hoor preek het. Hy sou in persoon hom ontmoet het, en presies geweet het wie hy was. Nou soos hy besig is om deur Jeremia te lees kom hy op iets af wat hy nie kan glo nie.  

Wat was dit?  

Wel, voor ons dit gaan verstaan en raaksien moet ons eers na Jeremia 25:8-11 en 29:10-14 kyk. 

Daniël se oë vang die volgende (lees) Jeremia 25:8-9 

Hy kan nie anders as om in sy gees te beaam dat wat Jeremia voorspel het so akkuraat tot vervulling gekom het nie. Hy sou aan gelees het (V.10). Dit sou hom laat wonder het, hoeveel jong mense, reg om te trou is skielik uitmekaar geruk deur die ballingskap. Die land was vol hopeloosheid en trane.  

MAAR dan sou hy (V.11) raak gelees het.  

Babilon was weg en die Mede en Perse het nou geregeer, maar selfs in hierdie oorgang was daar geen sprake en effek was die idee sou bevorder dat die ballingskap op ʼn einde staan nie. Maar hy is nou 68 jaar al daar, en hier het Jeremia voorspel dat dit net 70 jaar sou duur. Nog net 2 jaar is oor.  

So lees hy en voor lank kom hy by Jeremia 29:10-14. 

Daar is dit weer, ʼn profetiese goddelike belofte, net 70 jaar.  

Mens kan net jouself indink hoe bly sy hart moes wees. Jerusalem vir hom was slegs ʼn jong seun gedagtewêreld herinnering, maar hy het nooit die begeerte om terug te gaan verloor nie. Vir 68 jaar bid hy in die rigting van Jerusalem met sy vensters oop. Alles in hom het uitgesien na die terugkeer, en nou lees hy hierdie belofte raak dat na 70 jaar die Jode sou terugkeer.  

Onthou, daar is niks wat sigbaar sou wys die tyd is ryp nie. Darius het geen uitspraak gemaak, of begeerte gewys om die Jode vry te laat nie. Die Jode het geen poging tot bekering aangewend nie en hulle harte was steeds koel teenoor die Here. Hulle het wel hulle afgodery laat staan, wat die hoof rede vir die ballingskap was, maar buiten dit was hulle niks meer ywerig as voor die ballingskap nie.  

Daniël sien hierdie realiteit raak en sy optrede is ʼn belangrike les vir elkeen van ons.  

Hy neem nie die houding van ek kan niks verander, ek is net een mens in nie. Hy onderneem om self die beliggaming te wees van dit wat die ballingskap veronderstel was om te doen.  

Hy tree op soos ʼn man met ʼn tjek vanuit die hemel. Die belofte is terugkeer, die voorwaarde is ʼn hernude soeke na die lewende God. Om Daniël kon jy niemand ander identifiseer wat hierdie tjek wou hê nie, en daarom besluit hy om dit dan maar alleen na te jaag.  

Ons moet ook soms waag om alleen te staan! 

Daniël het nie die houding ingeneem van “God het belowe” so wat moet gebeur sal gebeur nie. Hy het geredeneer: God het belowe 70 jaar, daarom sal ek bid ek by God pleit vir 70 jaar.  

God se beloftes is gegee om ons aan te spoor in gebed, nie om ons fatalisties en ledig te maak nie.  

Die effek hiervan was dat net ʼn paar maande later was Darius weg, en Kores het opgestaan as Koning en aangekondig dat die Jode mag terugkeer. Dis die storie van Esra en Nehemia.  

God het ʼn belofte gemaak. Daniël het gebid. God het dit laat gebeur. 

Nou let net op. Daniël se studie van die Woord het uitgevloei in ʼn nuwe begeerte om te bid.  

2. N groot gebed. V.3-19 

Een kommentaar skryf: If Daniel’s keenness of prayer flows from his study of the word, his meditation on that word and his regular practice of prayer, how much more ought we to be in the pattern of study of Scripture and meditation on its truth and regular prayer. 

The greatest and best men in the world must not think themselves above their Bibles.” We live in a hectic world. We talk about our hecticness all the time. Do we have time for God and for His word? Do we have time for prayer? None of us are doing work more important than Daniel. And yet Daniel had time for God, for the scriptures and for prayer. What a lesson there is for us in that. 

John Blanchard skryf: “Prayer was like the homing pigeon. It begins in the heart of God. It is sent out and it lands in the heart of God’s people who then send it back to the heart of God.”   

Dit het ʼn groot effek in hoe ons prakties dink oor gebed. 

  • God het belowe die evangelie sal uitgaan na die eindes van die aarde toe, so kom ons bid daarvoor, en God sal dit laat gebeur. 
  • God het belowe sy Woord wat uitgaan nie ledig sal terugkeer nie, so kom ons bid dat die Woord groot vrug sal oplewer in ons lewens, en God sal dit doen. 
  • God belowe dat sy Seun wees sal kom in heerlikheid en krag saam met sy heilige engele, so kom ons bid daarvoor en God sal dit laat gebeur.  

Dis hoe Daniël geredeneer het.  

Daniël se gebed is een van die langste gebede in die Bybel.  

Ek gaan dit opbreek in 6 bestanddele.  

1.Hy het Ernstig tot God gebid. V.3 

Hy kom 3 maal ʼn dag voor God in gebed. Dit was sy gewoonte en patroon. Maar dit sluit nie spesiale tye van gebed uit nie. 

Hy kom bo en behalwe sy toegewyde tyd en soek God weer op in gebed. Dit wys sy erns uit. Vas, Smeking, Gebed.  

2. Hy het Respekvol tot God gebid. V.4 

Hy kom voor God as sy Vader, maar hy vergeet nooit dat God ook sy God is nie. Hy het nie ʼn lukrake houding ingeneem oor wie God is nie. As hy voor God gekom het was hy bewus van die “andersheid” van God. Dis hoekom hy God die Gedugte een noem. Die Engels praat van “Dreadful”. Die een wat gevrees moet word.  

3. Hy het Belydend voor God gekom. 

V.4, 20 maak dit duidelik dat hy gekom het om “belydenis te doen. Dis ʼn belydenis van die nasie se sonde. Hy bid “ons” nie “ek” gebede.  

Belydenis is gewoonlik die voet matjie by die deur. Vee af en gaan aan. Maar hier is dit die grootste deel van sy gebed. 

Dis ook nie net ʼn algemene belydenis nie. Hy is baie spesifiek.  

V.8- Ons het gesondig. 

V.9- Ons het gerebelleer (teen Hom opgestaan). 

V.10-11- Ons het…. 

V.14- Ons het nie na sy stem geluister nie. 

V.15- Ons het gesondig, ons was goddeloos. 

Hy erken dat die ballingskap die vrug van hulle sonde is, en dat God regverdig is daarin. V.7, 14. 

Hy bely dat alles wat gebeur is wat Moses gesê het sal gebeur as hulle sondig. Dis ʼn vervulling van ʼn goddelike belofte. Hierdie observasie help ook dan sy geloof om te bid vir God se belofte se vervulling van 70 jaar.   

4. Hy het Vertrouend op God se genade voor God gekom. V.4, 9, 18 

5. Hy het met Spesifieke versoeke voor God gekom. V.16, 17, 18, 19 

6. Hy het met Sterk Argumente tot God se eer voor God gekom.  

Soos Moses kom hy en gee sterk argumente oor hoekom God hulle moet uitred.  

V.15… vir U Naam 

V.16… vir U Jerusalem, U heilige berg, U volk.  

V.17… vir U heiligdom en eie eer. 

V.18… vir die stad waaroor U naam uitgeroep is.  

V.19 is dan die hoogtepunt van al sy argumente… (lees) 

Wanneer laas het jy gebid vir:  

  • jou heiligmaking in hierdie konteks,  
  • vir jou finansies,  
  • vir jou werk,  
  • vir jou gesin,  
  • vir jou kerk.  

Wanneer gelowiges so bid verander die Here dinge.  

3. N Groot openbaring. V.20-27 

Ons gaan nie in detail ingaan op hierdie nie.  

Die resultaat van sy gebed is hierdie groot openbaring in V.20-27 

4 dinge gaan gebeur.  

  1. God belowe dat daar na hierdie 70 sewetalle iets aan sonde gedoen gaan word. Dit wat die hoof las in sy gebed was gaan mee gehandel word vir een en vir altyd.  
  2. Ewige geregtigheid sal na hierdie 70 sewetalle ingebring word.  
  3. Visioene en profesie sal verseël word na hierdie 70 sewetalle.  
  4. Die Hoogheilige sal gesalf word na hierdie 70 sewetalle. 

In V.25-27 verduidelik Gabriel dan hoe hierdie 70 sewetalle opgedeel sal word. En al wat ek hier gaan se is dat ek bemoedig is dat Gabriel dit moes verduidelik vir Daniël, want ek dink hy het ook gesukkel om alles te verstaan. 

Die boodskap kan opgesom word in kort dat die Messias sal kom en gedurende die week van die 70ste sewetal, m.a.w. aan die einde van die 69ste week sal Hy afgesny word. V.26, Jesaja 53:8 

 

Hier is wat ʼn gelowiges sou kry uit hierdie profesie in die O.T. 

Om en by die tyd wat ons nou 1AD noem sou hulle vir hulleself gesê het: Iets moet nou gebeur. 

Die wyse manne in Matt. 2:2 kom dan en vra waar is die Koning. Onthou hulle het Daniël geken uit hulle opleiding. Hulle was nasate van die towenaars/wyse manne van Babel.  

In Lukas 2:38 is daar ʼn groep wat ʼn verwagting gehad het dat die Messias nou amper sou kom.  

Daniël se groot ontdekking lei tot ʼn groot gebed en sy gebed lei tot ʼn groot openbaring wat mense se lewens verander het, wat hoop verskaf het, en wat geloof versterk het vir 100de jare. 

Hoe lyk jou Bybelstudie? 

Hoe lyk jou Gebed? 

Hoe lyk jou hoop, geloof en wederkoms verwagting? 

About The Author

Ander Boodskappe...