1 Timotheus 1:1-2

Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop, aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

Preek notas

Teks: 1 Timotheüs 1:1-2 

Tema: My Ware kind in die geloof? En jy? 

Inleiding: 

Daar was ʼn groot slag in die kerk geslaan die dag toe gelowiges ingekoop het in die leuen dat om die Bybel te bestudeer ʼn droë akademiese oefening is.   

Die brief handel oor baie groot onderwerpe, onderwerpe wat vir Timotheüs nodig was om te weet in sy bediening van die kerk.  

Dit handel oor byvoorbeeld:  

  • dwaling in die kerk en hoe daardie dwaling gekonfronteer moet word,  
  • die behoorlike patroon vir kerk leierskap.  
  • Die belangrikheid van gesonde teologie en die sentraliteit van onderrig is ‘n hooftema. 
  • Die oproep tot godsaligheid en heiligheid in lewe en bediening,  
  • die regte gesindhede en rolle van mans en vroue in die kerk,  
  • hoe om dissipline in die kerk te hanteer,  
  • hoe om sonde kwessies in die kerk te konfronteer,  
  • hoe om ‘n sondige leier in die kerk te hanteer,  
  • die regstelling van probleme wat die kerk bedreig, dit is net ʼn paar van die temas wat behandel word in 1 Timotheüs, ook in 2 Timotheüs en ook in Titus.  

Die kern vers van die boek is 1 Tim. 3:14-15. 

Die boek fokus op: Hoe om jouself te gedra in die huisgesin van God. 

Indeling: 

Kom ons begin by V.1 se begin. 

Paulus: 

Dis ʼn baie bekende naam vir enige een wat al die Bybel gelees het. 

Paulus kom van Tarsus in Ciserea en sy naam beteken “klein” 

Dit mag wees dat hy klein was met geboorte en self toe hy ʼn volwasse man was en steeds hier met die skrywe van die brief aan Timotheüs. Hy was nie ʼn man van aansien nie.  

Inteendeel, hy is gekritiseer.  

As jy 2 Korinthiërs 10:1, 10 lees – lees daardie gedeelte daar tussenin as jy wil – maar veral vers 1 en 10, dan dui dit vir ons aan dat Paulus nie enigiets aan hom gehad het wat besonder treffend was nie. En die atleties-gesinde, liggaamlike behep, Grieke sou neergesien het op sy taamlik kriewelrige slaafse gewone lae statuur. Hulle gebruik die woord tapeinos in 2 Korinthiërs 10:1 om na hom te verwys en dit sou ‘n aanduiding wees van sy swak, onindrukwekkend, taamlik sieklik en klein gestalte. Dit kan dus wees dat hy van geboorte af klein was. 

Maar sy naam Paulus verloor soort van daardie aanvanklike betekenis en hy word vir ons ‘n man van geweldige statuur, ‘n man van omvattende vermoë, ‘n man wat uniek deur God gebruik is in die geskiedenis van verlossing, ‘n man wat kop en skouers bo alle mense uitstaan. Maak nie saak wat hy fisies was nie, geestelik is hy vir ons ‘n reus. 

Nou hy was van die stam van Benjamin en die mees prominente persoon in die stam van Benjamin was Saul, daarom is hy daardie naam gegee, wat later na Paulus verander is. 

Sy agtergrond is maklik om na te vors. Kyk net na Fil. 3:5 

Hy was baie ywerig vir die wet, tot op die punt waar hy geveg het, en so ver gegaan het om hulle wat in sy eie gedagtes ‘n bedreiging vir Judaïsme was dood te maak.
Ons vind dit gedemonstreer in die Handelinge 7. En julle onthou daar die rekord van die steniging van Stefanus. Kyk na Handelinge 7:58. 

Kyk na Handelinge 8:1-3 

Hy was ʼn ywerige volgeling van Judaïsme, tot op die punt dat hy besig was om mense dood te maak wat nie behoorlik die pad gevolg het wat hy gedink het die pad van geregtigheid was nie. 

In Handelinge 9 kry ons hom dan weer oppad na Damaskus om verder die kerk te vervolg, maar hy word toe in sy spore gestop, verblind deur Christus self, gered, geroep na die bediening, en gedoop.  

Hy is toe uitgestuur na Arabië, waar hy vir etlike jare in die woestyn rondgedwaal en van die Here voorbereiding vir die bediening ontvang het. Toe hy terugkom was die kerk bang vir hom, want hulle het sy reputasie onthou. Hy word toe aan die kerk voorgestel deur Barnabas en aanvaar, en het toe ‘n pastoor van die kerk in Antiogië geword saam met ander manne gelys in Handelinge 13:1. Hy was toe afgesonder as een van vyf pastore in Antiogië vir sendingwerk. En in Handelinge 13 word hy dan gestuur om die wêreld, die nie-Joodse wêreld te bereik met die evangelie van Jesus Christus. 

So dis wie Paulus was. 

Hy gaan dan aan in V.1 en identifiseer homself as ʼn Apostel. 

Dit beteken een wat gestuur is. Die eenvoudigste manier om dit te vertaal is gesant of ambassadeur. In sy wydste sin kan ‘n apostel enige iemand wees wat gestuur is. 

In die Nuwe Testamentiese sin word dit gebruik vir iemand wat ‘n ambassadeur was vir Christus se evangelie. En daar was baie apostels in hierdie sin.  

  • Barnabas word in Handelinge 14:14 ‘n apostel genoem. 
  • En daar is ander in 1 Korinthiërs 15:7. Dit is nie net beperk tot Paulus of selfs tot die Twaalf nie. Daar is apostels in die Nuwe Testament buiten die Twaalf wat gestuur is met die boodskap van die evangelie.  
  • In 2 Korinthiërs 8:23 word hulle apostels van die kerke genoem, ‘n baie belangrike term.  
  • In Filippense 2:25 word Epafroditus ‘n apostel van die Filippense genoem, en daar is nog baie soos hy. Gal. 1:19; Rom. 16:7 ens. 

Maar dan was daar twaalf, met die toevoeging van Matthias toe Judas gediskwalifiseer is, en ook Paulus wat nie apostels van die kerke is nie, maar hulle is Apostels van Christus Jesus. 

Hierdie Apostels, met ‘n hoofletter A, is uniek deur die Heilige Gees geskenk om goddelike waarheid oor te dra. Dit was vir hulle wat Jesus gesê het: “Wanneer die Gees kom, sal Hy julle in die volle waarheid lei . . . en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het,” Johannes 14:26 en Johannes 15:26. So hulle was apostels wat deur Christus geroep, beveel en gestuur is, as Apostels wat Christus gesien het. 

  • En dan uiteindelik was hulle Apostels wat die vermoë gehad het om demone uit te dryf en die siekes te genees. Hulle het die vermoë gehad om tekens en wonders en magtige dade te doen wat in 2 Korinthiërs 12 “die tekens van ’n apostel” genoem word.  
  • En in Hebreërs 2:3 en 4 was hulle in staat om tekens en wonders te doen as bevestiging van die boodskap wat hulle verkondig het.  
  • In Efesiërs 2:20 word hulle die fondament van die kerk genoem. Die kerk is gebou op die fondament van die apostels en profete.  

So vir Paulus om net eenvoudig te se “’n apostel”, sou nie die nodige onderskeid maak nie, en daarom voeg hy by, ‘n apostel nie van die kerk nie, maar van Christus Jesus. 

Interessant Paulus ruil die woord orde om, van Jesus Christus na Christus Jesus. Hy is die enigste een van die Apostels wat dit doen. (verduidelik). Hy het Jesus eers as God self leer ken, en toe besef dat dit die Jesus is wat ook mense was, maar vir die ander Apostels was dit andersom. 

Nou, hoekom al hierdie inligting, en hoekom identifiseer hy homself aan Timotheüs op hierdie wyse? 

Timotheüs het mos vir Paulus geken. 

  • Dit gaan alles oor gesag! 

Timotheüs moes ernstige probleme uitsorteer en dit het gesag nodig gehad.  

  • Deur Timotheüs te verwerp sou hulle Paulus verwerp en gevolglik Christus.  
  • Dis ʼn belangrike wegspringplek vir ons met die begin van die boek.   
  • As ons Timotheüs se boodskap verwerp is dit so goed ons verwerp Christus en hierdie is tydlose waarhede, nie kultuur en tydgebonde nie. 

Hierdie dinge vlg. V.1 is “volgens die bevel van God!” 

Maar let op. Die bevel kom nie van ʼn koue despoot of apatiese God nie, dit kom van: God, ons verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons hoop. 

Onthou, Christenskap is ‘n godsdiens van persoonlike voornaamwoorde. Ons lees van God ons Verlosser; Christus ons hoop.  

Ons geloof is nie geloof in een of ander verre godheid wat gepaai moet word nie, iemand wat ons vrees om aan te raak of naby te kom, ons geloof is ʼn geloof wat intimiteit behels.
 

Let op dat Paulus sê “God ons Verlosser en Christus ons hoop,” en daarmee verbind hy God en Christus. Hierdie is ‘n sinspeling op die godheid van Christus.  

Die brief is baie belangrik vir ons geloof, want daar is ‘n paar baie basiese dinge wat hier uitkom, soos die feit dat God ‘n liefdevolle God is wat red en dat Christus die Seun van God is, God in die vlees wat vir ons gesterf het ensovoorts.  

Daar is baie kwessies van verlossing op die spel in hierdie brief. En daarom kom die brief met ‘n swaar klem op gesag, want hulle moet verstaan dat hierdie brief in opdrag van
God en Christus se direkte wil is wat aan hulle neergepen is om te praat oor sake wat in daardie kerk op die spel was. 

En is dit nie hartseer om daaraan te dink dat ons hier 64 n.C. net omtrent 30 jaar weg van die dood van Jesus Christus af is, en reeds is daar binne die kerk hulle wat die liefdevolle, verlossende, reddende plan van God en die godheid van Jesus Christus ontken het?  

Hierdie is 30 jaar na Jesus se dood, en dit is nie buite die kerk nie, dit is in die kerk. En wie
dink julle het dit ingebring?   

  • Dit is die werk van die teëstander.  

En so leer ons wat Paulus baie vroeg geleer het, en veral saam met die Efesiërs gemeente, wat hy gewaarsku het reeds voor hy nog Timotheüs geskryf het, dat wanneer hy vertrek hulle probleme gaan hê. 

  • Onthou dit was in Handelinge 20 voorspel. 

Dis hierdie gemeente wat haar eerste liefde verlaat het in Openbaring. 

In V.2 sien ons dan hy skryf aan Timotheüs.  

  • Timoteus beteken een wat God eer. 

Sy moeder was ʼn Jood maar sy vader ʼn Griek, wat hom uniek geskik gemaak het vir die werk wat Paulus hom voor gebruik het.  

Timoteus, hierdie jong man, was ‘n geliefde en betroubare metgesel van die apostel Paulus. Waarskynlik meer as enige ander was hy die nommer een produk van Paulus se bediening – sy dissipel, sy vervanging.  

Die rede waarom ek dit sê is 1 Korinthiërs  4:16 terwyl hy aan die Korinthiërs skryf sê hy, “Ek smeek julle, wees julle my navolgers.” Rig julle lewens na my standaard/patroon in. En omdat ek dit wil hê “het Ek Timotheüs na julle gestuur.”  

Is dit nie wonderlik nie? Ek wil hê julle moet soos ek wees, daarom het ek vir julle Timotheüs gestuur.  

  • Hoekom stuur hy Timotheüs? Want “Hy is my geliefde kind en getrou in die Here, wat julle sal herinner aan my maniere.”  
  • Met ander woorde, ek wil hê julle moet soos ek wees, so ek stuur vir julle Timotheüs wat presies soos ek is. 
  • Hy sal julle in herinnering bring aan my weë. Hy doen dinge soos ek dit doen. Hy is my ware kind in die geloof. 

Nou hy noem hom sy “ware” kind in die geloof.  

Ek wil daarmee afsluit! 

Wat beteken dit om ʼn ware kind in die geloof te wees? 

Elkeen van ons behoort hierdie vraag te vra. 

5 dinge: 

Dit beteken om:  

1.Een ​​te wees wat werklik gered is, 

2. Wie waarlik volhardend gehoorsaam is, Johannes 14:15, 21, 23; Efes. 2:10;  

1 Tim. 1:19 (lees) 

Iemand skryf: “Some have put away the faith and they’ve become a shipwreck.” Conscience is the rudder that keeps you on the course. That’s the way the Spirit of God subjectively directs you. And some people having no conscience, putting away a good conscience, putting away faith, have no rudder. Sound faith is the map, the chart, the course. Now you tell me what will happen to a ship with no rudder and no chart. No sound faith and no good conscience – shipwreck.” 

1 Johannes 2:19 

3. Wat waarlik nederig en toegewyd is om die saak van die koninkryk te dien, (diensbaar). 1 Thess. 1:9 

4. Suiwere leer handhaaf en 

5. Vas op oortuiging en beginsel staan. 

Om hierdie dinge te kan doen is nie maklik nie, en daarom die seën uitspraak aan die einde van V.2. 

Relevante Boodskappe...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui