Jakobus 1:1
"Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!"
Teks: Jakobus 1:1
Inleiding:
Indeling:
Inleiding
1. Datum.
- Dis die vroegste N.T. boek in die Bybel.
- Dis ongeveer 45-49 nC geskryf.
2. Karaktereienskappe
- Dis ʼn boek waarin daar geen spekulasie oor lewens realiteite is nie.
- Dis baie prakties in die aanslag wat dit het, amper soos die O.T. boek Spreuke.
- Dis ʼn boek wat nie net met ons belydenis besorg is nie, maar ook met ons leefstyl.
- Die leerstyl van Jakobus stem baie ooreen met Christus se leerstyl, meer as enige ander N.T. boek, in besonders met die Bergpredikasie. Daar is +- 26 verwysings/sinspelings in Jakobus na die bergpredikasie.
- Die hele boek is baie gesag vol en vol imperatiewe. Dis ʼn boek van opdragte. Daar is in die 108 verse waaruit die boek bestaan, 54 direkte imperatiewe. Die noot van die boek is selfs meer gesag vol as die geskrifte van Paulus.
3. Doel
- Die boek het ʼn baie breë doel. Daar is nie een spesifieke tema of probleem wat aangespreek word nie. Selfs kommentare en teoloë verskil oor of daar ʼn spesifieke tema is of nie.
- Wat ons wel weet is: Jakobus is besorg oor die hele christelike lewe. Die belydenis wat ons het en die leefstyl wat ons handhaaf.
4. Inhoud
- Nes die doel die boek breed is, is die inhou ook baie breed.
- Hier is ʼn paar voorbeelde van dinge wat in die boek behandel word.
1:1-18 – Versoekings
1:19-27 – Die aanhoor en gehoorsaamheid aan die Woord
2:1-13 – Respek vir alle mense
2:14-26 – Die interne verhouding tussen geloof en werke
3:1-12 – Die tong, en gevare m.b.t. spraak
3:13-18 – Wat is ware en valse wysheid
4:1-12 – Wêreld gelykvormigheid
4:13-17 – God en besigheid
5:1-6 – Onreg en sosiale geregtigheid
5:7-18 – Geduld en gebed
5:19-20 – Hoe om afvallige mense te behandel
Kom ons kyk nou bietjie spesifiek na V.1
Die Skrywer. V.1
- Wie hy was
Daar is 4 opsies vir wie hy kon wees:
👎Matt 4:18-22 – Jakobus die seun van Sebedéüs. Hy was die Apostel Johannes se broer en een van die oorspronklike 12 dissipels. Wat weet ons verder van hom? Kyk na Handelinge 12:1-3 Dit sê dat hy in 44 nC doodgemaak is. Hy is m.a.w. dood voor die boek geskryf was.
👎Lukas 6:12-16 – Jakobus die seun van Alfeus. Hy is ook vroeg dood, selfs vroeër as Jakobus die seun van Sebedéüs. Hy was heelwaarskynlik die broer van Mattheus of Levi.
👎Lukas 6:16 – Jakobus die pa van Judas die apostel, nie Judas die Iskariot nie. In Hand 1:12-13 kry ons die enigste ander verwysing na hierdie Jakobus. Al wat ons weet is dat hy die vader van Judas was.
👍Matt 13:53-55 – Jakobus die half broer van Christus. Hy was nie deel van die oorspronklike 12 nie, en ook nie gered tydens die lewe van Christus nie, kyk was lees ons in Joh. 7:1-5. Kyk nou na 1 Kor. 15:3-7 dit vertel van waar Jesus aan sy broer Jakobus verskyn het, na die kruis het hy tot geloof gekom en ʼn Apostel geword. Wat gebeur met hom na sy redding? Kyk wat lees ons in Hand 12:17; 15:12-13. Hy word ʼn getuie vir Christus en ʼn pilaar in die kerk.
2. Sy belangrikheid
- Jakobus was die hoof van die Jerusalem raad en kerk.
- Hy was een van die Apostels en leiers. Hand 21:17-18. Ons leer dit ook in nog twee ander gedeeltes. Gal 1:18-19; 2:9.
2. Sy diens
- In V.1 word hy ʼn “dienskneg” genoem.
- Hy sien m.a.w. homself as iemand wat nie ʼn leier is nie maar ʼn dienaar. Al noem Paulus hom ʼn pilaar en al is hy die half broer van Jesus en ʼn Apostel sien hy homself as ʼn dienskneg.
3. Sy onderdanigheid
- In V.1 word hy ʼn dienskneg van “God en die Here Jesus Christus” genoem.
- Hy sien homself as onder gesag, onder Jesus sy broer.
- Van die begin af word Christus erken as die hoogste gesag. Hy het die naam bo alle name ontvang, Fil. 2:6-11.
4. Sy redding
- Let op, hy moes persoonlik gered word.
- Sy redding was nie familiêr, outomaties, of weens herkoms nie.
Die Ontvangers
- Die Israel van God
- Dit kan geestelik of letterlik verstaan word.
- Die diaspora word net 2 maal elders van gepraat in hierdie spesifieke terme. Joh. 7:35; 1 Pet. 1:1.
- Geestelik verstaan sal die Israel van God dui op die kerk van alle eeue. Letterlik verstaan sal dit net op etniese Jode dui.
- Ek dink dis beter om dit geestelik te verstaan, m.a.w. dat die boek geskryf is aan die kerk- die Israel van God. Dis hoe Paulus die term Israel van God ook gebruik het. Rom. 2:25-29 – Hulle wat in hulle harte besny was is waarlik deel van die Israel van God. Gal. 6:15-16 – Paulus beskryf hier die kerk as hulle wat ʼn nuwe skepsel is. Efes. 2:11-22 – Hulle wat geroep is om een te wees in Christus. Let op die herhaling daarvan. Een, een, een...
Groete
- Letterlik vertaal beteken die woord groete vreugde.
Toepassing:
- Die eenheid van God se mense in Ou en Nuwe Testament.
- Die doel van alle diens is die verheerliking van God.
- Die noodsaaklikheid van wedergeboorte.
- Die gepastheid van nederigheid.


