Lukas 8:1-3
1 En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom, 2 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het, 3 en Johanna, die vrou van Gusa, ‘n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.

